OM DIE WÊRELD DEUR ANDER OË TE SIEN
Ed Suter help jou anders kyk
In ’n tyd waar elke Jan Rap en sy maat hulle as fotograwe beskou, skyn die werklike sterre helderder as ooit tevore. LAUREEN ROSSOUW plaas die kollig op Ed Suter, ’n plaaslike fotograaf en stilis wat sy bewonder.
OM DIE WÊRELD DEUR ANDER OË TE SIEN
Ed Suter help jou anders kyk
In ’n tyd waar elke Jan Rap en sy maat hulle as fotograwe beskou, skyn die werklike sterre helderder as ooit tevore. LAUREEN ROSSOUW plaas die kollig op Ed Suter, ’n plaaslike fotograaf en stilis wat sy bewonder.
DEEL
“DIT het alles op ’n parkeerterrein in Epping gebeur toe ek ’n helderkleurige wegneemspyskaart afgeneem het. Dis interessant hoe die onwaarskynlikste ding die weerligstraal kan veroorsaak. Wat ek gesien het, was helder, uniek en het ’n storie vertel. Vandag sal ons dit ‘outentiek’ noem. Sonder dat ek dit geweet het, het daardie foto’s my manier van kyk verander.”
Ed Suter het hierna bekend geword as fotograaf – veral vir straatfotografie – en het vir van modetydskrifte tot internasionale publikasies soos National Geographic gewerk. Hy is ’n briljante stilis, het ’n instinktiewe oog en aanvoeling vir die dramatiese kleure, teenstrydighede en landskappe van Afrika – stedelik sowel as landelik.
Die eerste keer wat ek Ed ontmoet het, was in 2004 by die Groentemarkplein in Kaapstad waar hy besig was om impromptu-foto’s vir ’n artikel oor straatstyl te neem. Die strate het gewemel van mense in kleurvolle Vlisco-broeke, lang rokke, tulbande in allerhande patrone en stringe juwele uit Afrika...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
DEEL
Volgende artikelVerwante Artikels
The French Connection
Die Queen se Riversdal-entourage
The Great Escape
Nie mooi of lelik nie, net modern
Styl, Schopenhauer, C.R. Swart en Shaka
DEEL
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers ons Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.