Gedagtes oor herkoms en denkbeeldige vaderlande

OP ’N WANDELPAD ...

Gedagtes oor herkoms en denkbeeldige vaderlande

Op ’n besoek aan Suidoos-Asië besef ISMAIL LAGARDIEN mense soek dikwels na hul herkoms om die verlede beter te verstaan sodat hulle hul huidige leefwêreld en toekomstige aspirasies beter kan hanteer.

TERWYL ek op ’n modderige pad stap in die klein dorp Kampung Untia naby Makassar op die Indonesiese eiland Sulawesi, oos van Borneo, glip ’n liedjie uit die diepste binneste van my brein. En ek glimlag.

“As ek moeg word vir die lewe in die stad, lok my die wandelpad; in die veld pluk ek ’n wandelstaf van die naaste doringboompie af, en sing my wandellied, en sing my wandellied.”

Ek duik onder ’n dekseil in vir skuiling teen die moesonreën en maak ’n nota van hierdie verrassende herinnering. Ek moes dit neerskryf; presies hoe ek die melodie en woorde van dáárdie liedjie onthou het, is ’n raaisel ... My reis is nie geïnspireer deur moeg wees vir die lewe in die stad nie. Maar ek is nietemin op ’n soort wandelpad. Laat my ’n tree terugstap in die tropiese humiditeit...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.