Die morele ikoon en die moordenares

WINNIE EN NELSON

Die morele ikoon en die moordenares

RIAN MALAN skryf oor ’n uitsonderlike nuwe boek oor die verhouding tussen Winnie en Nelson Mandela.

DIT was nog altyd net ’n kwessie van tyd voordat iemand ’n plan maak om die ryke stof wat Nelson en Winnie Mandela vir ons agtergelaat het, te ontgin – twee gewone sterflinge wat deur ’n magtige mitevervaardigingsmasjien in halfgode omskep is. Talle biograwe het al probeer, maar niemand het werklik geslaag nie, sommige omdat hulle lafhartige hagiograwe was, ander omdat hulle met die donker kant van dinge behep geraak het.

Maar hier kom Jonny Steinberg en kry die balans uiteindelik min of meer reg. Winnie & Nelson is meesleurende leesstof, vol stories wat sal veroorsaak dat bewonderaars die Mandelas meer as ooit bemin, selfs terwyl dit hulle kwaadpraters toerus met dodelike wapens om teen hulle te gebruik.  

Neem byvoorbeeld die verhaal van Winnie wat dronk en verslons met dagbreek tuis kom, haar onderklere kwyt, terwyl Nelson, pas bevry ná dekades van eensaamheid en verlange in apartheid-tronke, alleen in die huweliksbed lê en luister vir haar voetstappe, biddend dat daar ’n onskuldige verduideliking is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.