Veldskool en die verlies van onskuld

LORD OF THE FLIES

Veldskool en die verlies van onskuld

In die 1980's was Veldskool in die ou Transvaal nóg ’n klein onderafdeling van die paramilitêre indoktrinasie-web van die staat. ALI VAN WYK dink met ’n mindere mate van deernis aan hierdie verskynsel terug.

SO een keer 'n jaar dryf beelde van Veldskool uit die bloute deur my gedagtes. Seuns sit in rye kop onderstebo op ’n sementblad. ’n Lywige boerboel snuffel om sigarette in ’n hoop rugsakke op te spoor. ’n Verdwaalde groepie ploeg in die donker deur ’n vlei op soek na ’n lantern tussen suikerrietlande. ’n Dobberende flits swiep oor slapende liggame onder grys weermagkomberse op ’n see van lae ysterkateltjies. Dertig bibberende seuns poedelkaal in ’n kommunale stort in ’n stomende grou betonkerker.

Elke keer as dit gebeur, is ek verbaas oor hoeveel meer van ’n surrealistiese droom dit is as sê-nou-maar ’n herinnering aan ’n kampeervakansie in Satara.

Veldskool. As jy wit is en van die laat 1970's tot in die vroeë 1990's in die noordelike skole onder die Transvaalse onderwysdepartement (TOD) was, sal jy weet wat dit is. Ek weet nie regtig of Veldskool met ’n hoofletter gespel moet word nie, maar dit voel so, want dit was ’n veel groter instelling as wat die naam te kenne wil gee...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.