Hoe gordelroos kan help in die bestryding van demensie

NUWE NAVORSING

Hoe gordelroos kan help in die bestryding van demensie

Enigiemand wat 'n geliefde aan demensie afgestaan het, sal juig oor elke nuwe stukkie navorsing wat ons 'n tree nader bring daaraan om hierdie verskriklike siekte te verstaan, sê ANNELIESE BURGESS. Sy berig oor die voorkomingseffekte van inentings teen gordelroos en tuberkulose.

VOLGENS die Wêreldgesondheidsorganisasie lei 55 miljoen mense wêreldwyd aan demensie, met 10 miljoen nuwe gevalle wat elke jaar aangemeld word. Alzheimers is verreweg die algemeenste vorm van demensie; omtrent 70% van alle gevalle. Een uit elke drie mense sal demensie kry.

Alzheimers word gekenmerk deur proteïenklonte wat in die brein vorm en neurone doodmaak wat dan die sinaptiese verbindings tussen die selle vernietig. Presies wat hierdie plaak in die brein veroorsaak, bly 'n raaisel, maar een van die belangrikste teorieë is dat dit verband hou met 'n verswakte immuunstelsel. 

Wanneer ons immuunstelsel optimaal werk, verhoed dit dat bakterieë, virusse of swamme die brein bereik, maar namate ons ouer word, raak dit minder doeltreffend en vind mikrobes hulle weg na ons neurale weefsel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.