Sy hartseer bly haar by, die man met die potlood in die hand en ’n boek oop op sy skoot, op ’n trap voor ’n nagskuiling waar hy ’n heenkome kon vind, sê ANASTASIA DE VRIES
SY HOL vooruit, die vrywilliger, ’n sak kopkool in elke hand. “Kom,” gil sy oor haar skouer vir die meeloper – dis nou ekke – “vir wat drentel jy so? Dis wraggies net te koud en nat hierbuite!” Sy woerts by die deur in, slaan dit agter haar toe. Ek steek vas by die man op die boonste trap, potlood in die een hand, skryfboek oop op sy skoot. Sy een voet rus op die onderste trappie. Skryf u? vra ek. Simpel vraag, seker. Grootmense wat iets, enigiets in potlood skryf, boei my altyd. En dan wil ek weet.
’n Druppel plof op ’n bladsy. Huil hy? Of dalk kom dit van die reën wat sonder ophou neerstort, die afdakkie bo die deur is maar ’n skrale skuilte. Hy maak sy boek toe, prop die potlood agter sy oor in, veeg met sy mou oor sy nat gesig. Het u kom uithelp hier? beduie hy na die toe deur agter ons. Ek skud my kop, sê nee, wat ek in dié weer buite soek, is sweer sekerlik die geheim van Nantes.
Of nee, ek is hier saam met niggie, onthou ek, sy doen vrywillige diens by hierdie nagskuiling. Ek moes saam, het sy my kom aansê, sy’t ’n lot kopkool by die groentemarkie loop skollie, kry dit toe vir mahala en nou het sy ’n hand of twee nodig om te help dra. Dis hoe ver my uithelp strek...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
‘SALIG IS DIE BARMHARTIGES’
In die land van beurtkrag en beurtslaap
Sy hartseer bly haar by, die man met die potlood in die hand en ’n boek oop op sy skoot, op ’n trap voor ’n nagskuiling waar hy ’n heenkome kon vind, sê ANASTASIA DE VRIES
Deel
SY HOL vooruit, die vrywilliger, ’n sak kopkool in elke hand. “Kom,” gil sy oor haar skouer vir die meeloper – dis nou ekke – “vir wat drentel jy so? Dis wraggies net te koud en nat hierbuite!” Sy woerts by die deur in, slaan dit agter haar toe. Ek steek vas by die man op die boonste trap, potlood in die een hand, skryfboek oop op sy skoot. Sy een voet rus op die onderste trappie. Skryf u? vra ek. Simpel vraag, seker. Grootmense wat iets, enigiets in potlood skryf, boei my altyd. En dan wil ek weet.
’n Druppel plof op ’n bladsy. Huil hy? Of dalk kom dit van die reën wat sonder ophou neerstort, die afdakkie bo die deur is maar ’n skrale skuilte. Hy maak sy boek toe, prop die potlood agter sy oor in, veeg met sy mou oor sy nat gesig. Het u kom uithelp hier? beduie hy na die toe deur agter ons. Ek skud my kop, sê nee, wat ek in dié weer buite soek, is sweer sekerlik die geheim van Nantes.
Of nee, ek is hier saam met niggie, onthou ek, sy doen vrywillige diens by hierdie nagskuiling. Ek moes saam, het sy my kom aansê, sy’t ’n lot kopkool by die groentemarkie loop skollie, kry dit toe vir mahala en nou het sy ’n hand of twee nodig om te help dra. Dis hoe ver my uithelp strek...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Ravensmead se vergete dramaturg
En toe mis ek daai stembus
Hoe ouer, hoe meer is jy soos jouself
’n Sagter dag, ’n noeniesdag
Mense en dinge wat gebly het
Sommige het vleis geëet, ander is vis gegee
Dossier of Hope #2 | People of Prieska
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.