EENDAG as sy ouer is, wil sy nie soos daai vrou wees nie, skryf Laureen Rossouw verlede week in einste dié openbare ruimte. Met groot smaak lees ek dit, wroet in die naweë soos ’n klein speenvarkie rond in die onderliggende les wat dae lank in my kop bly spook: dis jou keuse, die soort ouer vrou wat jy wil wees, jý kies.
Kyk, wie en wat ek dán wil wees, dié weet ek nie. Nog nie, sal dit seker uitfigure soos die jare loop. Maar ineens leef ek bewusteliker (dankie, Laureen), piekerend oor die vraag oor die ouer vrou wat ek nou is, in die hier en die nou van my wêreld wat ál jonger raak. Dit dop my binnestebuite om, maak my dinge raaksien waarvoor ek my in die naam van ordentlikheid, dalk uit solidariteit met vroue van my ouderdom, ter wille van die vrede, die goeie orde, liefs blind wil hou. Skuldig staan ek.
Want ek het ’n jonger vrou sien bewe, nee, voel bewe, ’n gekweste voëltjie, onder die doodkyk van ’n ouer een. Hulle was so 50 m van my af. Sy het begin bewe, die jonger vrou, stotterend en stamelend, ál kleiner wordende voor die Staar van die Ouer Vrou. Sfinks in ’n vlootblou power suit. Ek kon haar oë op die jongvrou sien. Koud. Liefdeloos. Selfvoldaan. Sy val in haar skuld, het ek die jonger vrou hoor sê, verskonend, dis nie asof sy nie respek het nie, sy is geleer om ouer mense te respekteer, askies, askies. Steeds staar die Staar, sprak steeds g’n sprook nie, ’n snaakse glimlag op haar gesig, dié van ’n helspyker. Sy draai om, loop weg. Ek is bang vir sulke vroue, sy wat met haar voortanne smaail terwyl sy op haar agtertanne kners...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net
vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
GEAGTE GESLAGTE
Hoe ouer jy word, hoe meer word jy soos jouself
Laureen Rossouw se skrywe “Ek wil nie soos daai vrou wees nie” het ANASTASIA DE VRIES erg aan die nadink (en stres) oor die soort ouer vrou wat sy nou is in ’n wêreld wat al hoe jonger word.
Deel
EENDAG as sy ouer is, wil sy nie soos daai vrou wees nie, skryf Laureen Rossouw verlede week in einste dié openbare ruimte. Met groot smaak lees ek dit, wroet in die naweë soos ’n klein speenvarkie rond in die onderliggende les wat dae lank in my kop bly spook: dis jou keuse, die soort ouer vrou wat jy wil wees, jý kies.
Kyk, wie en wat ek dán wil wees, dié weet ek nie. Nog nie, sal dit seker uitfigure soos die jare loop. Maar ineens leef ek bewusteliker (dankie, Laureen), piekerend oor die vraag oor die ouer vrou wat ek nou is, in die hier en die nou van my wêreld wat ál jonger raak. Dit dop my binnestebuite om, maak my dinge raaksien waarvoor ek my in die naam van ordentlikheid, dalk uit solidariteit met vroue van my ouderdom, ter wille van die vrede, die goeie orde, liefs blind wil hou. Skuldig staan ek.
Want ek het ’n jonger vrou sien bewe, nee, voel bewe, ’n gekweste voëltjie, onder die doodkyk van ’n ouer een. Hulle was so 50 m van my af. Sy het begin bewe, die jonger vrou, stotterend en stamelend, ál kleiner wordende voor die Staar van die Ouer Vrou. Sfinks in ’n vlootblou power suit. Ek kon haar oë op die jongvrou sien. Koud. Liefdeloos. Selfvoldaan. Sy val in haar skuld, het ek die jonger vrou hoor sê, verskonend, dis nie asof sy nie respek het nie, sy is geleer om ouer mense te respekteer, askies, askies. Steeds staar die Staar, sprak steeds g’n sprook nie, ’n snaakse glimlag op haar gesig, dié van ’n helspyker. Sy draai om, loop weg. Ek is bang vir sulke vroue, sy wat met haar voortanne smaail terwyl sy op haar agtertanne kners...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Afrikaanse vrou in ’n Londense manneklub
Wat het van dinner parties geword?
’n Stemmery is deesdae soos mik-en-druk
’n Sagter dag, ’n noeniesdag
Eers gelag en toe gehuil... oor my pa van my gesteel is
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.