Elektrisiteitskrisis in die Eerste Wêreld

KRAGVAKUUM

Elektrisiteitskrisis in die Eerste Wêreld

Die vinnige opkoms van KI en ekonomiese herstel het gesamentlik ’n tekort aan energie in die VSA veroorsaak. Dit is ondanks ’n oplewing in wind- en sonkrag, skryf WESSEL VAN RENSBURG.

KI kan wêreldwye koolstofvrystellings met 'n verbysterende 80% verhoog, word in ’n ontnugterende verslag deur Greenpeace en Friends of the Earth beweer. As dit korrek is, sal dit beslis die wankelende pogings in die wiele ry om aardverwarming tot 2 ºC van die pre-industriële gemiddelde temperatuur te beperk.

Alhoewel hierdie vooruitsig kommerwekkend is, is dit nie die enigste kwessie rondom KI en energie wat beleidmakers uitdaag nie. Westerse lande wat worstel met die “groot stagnasie” – ekonomieë wat deur volgehoue lae produktiwiteit en groei gekenmerk word – het KI as die potensiële oplossing oorweeg. Die Internasionale Monetêre Fonds stem saam en voorspel aansienlik hoër produktiwiteit danksy KI, veral in ontwikkelde lande. Tóg waarsku Andy Jassy, uitvoerende hoof van Amazon, die wêreld se grootste verskaffer van datasentrums, dat daar “nie nou genoeg energie” vir nuwe generatiewe KI-dienste is nie.

Opleiding en bestuur van die top-KI-modelle vereis 'n enorme hoeveelheid syferwerk of berekening. Daarom gebeur dit byna uitsluitlik in datasentrums vol spesialis-mikroskyfies. So vervleg het die konsep van rekenaarkunde met kragverbruik geraak dat wanneer ingenieurs by Google rekenaarkrag wil hê, hulle in terme van megawatt daarvoor vra...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.