ChatGPT draai jou arm beter as mense

GROOTTAALMODELLE

ChatGPT draai jou arm beter as mense

Paranoia oor Facebook en Instagram wat ‘jou data verkoop' is misleidend, sê WESSEL VAN RENSBURG, maar die landskap het drasties verander met die koms van KI se groottaalmodelle, soos ChatGPT.

FACEBOOK verkoop nie “jou" data nie, anders as wat dikwels beweer word. As iemand wat in die media gewerk het, het ek nog altyd hierdie idee onverklaarbaar gevind. Soos 'n ouskoolse koerant verkoop Facebook aandag, maar bewaar sy data verbete. Boonop is dit nie net “jou” data nie; jou interaksies op die platform is met ander mense en dit bied daaraan betekenis en waarde omdat dit deel van 'n sosiale netwerk is.

Ofskoon jou persoonlike data vir jou belangrik kan wees, is die waarde daarvan vir besighede klein as dit in isolasie is. Dis eers wanneer data op skaal en omvang ingesamel word en aaneenskakel, dat dit werklike waarde begin inhou. Hierdie waarde word dikwels ten volle gerealiseer wanneer die data kollektief verwerk word deur  masjienleeralgoritmes te gebruik om betekenis te ontgin.

Ek vind myself dus al geruime tyd in stryd met die heersende narratief oor die privaatheid van data, veral in die konteks van aanlyn advertensies. Die bekommernisse wat deur kritici geopper is, was myns insiens buite verhouding tot die betrokke risiko's. Aansprake in invloedryke werk, soos dié van Shoshana Zuboff oor “waarnemingskapitalisme”, is myns insiens nie net grandioos nie, maar ry die golf van 'n morele paniek wat die openbare diskoers opgesweep het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.