IN die hart van Covent Garden staan 'n gebou waarby meeste voetgangers daagliks sonder 'n tweede blik verbysypel. Met sy somber grys aansig kan dit beslis nie as 'n argitektoniese meesterstuk bestempel word nie, hoewel die hoë Viktoriaanse ontwerp nietemin boekdele spreek. Jy hoef net op te kyk deur die reuse-vensters na die sitkamer op die eerste vloer met sy weelderige tierlantyne, kandelare en lewensgrootte olieverfskilderye om te weet jy kyk na iets uitsonderlik. Dit is die Garrick-klub, een van die Britse establishment se roemrykste instellings wat die afgelope weke onder spervuur op al wat koerant se voorblad deurgeloop het.
Vroeër jare het ek om die draai gewoon, in 'n cool woonstelletjie wat ek by Michael Heath, die beroemde spotprenttekenaar, gehuur het. In daardie dae was ek nog vars van Joburg, 'n groentjie in Londen. As buitestander was die Garrick een van die eerste dinge wat ek opgemerk het tydens my staptogte deur die West End om my nuwe omgewing te verken. Ek het geen idee gehad watter plek dit was nie, behalwe dat die hoofingang skynbaar geslote was vir die publiek, maar terselfdertyd ook oop voorgekom het – oop maar nie heeltemal oop nie, miskien oop vir sommige mense maar nie vir … ander nie?
Die portiere, onberispelik uitgerus in hulle inkgroen uniforms was dag en nag aan diens in die voorportaal waar hulle die mans met vrolike erkenning na binne verwelkom het, of Londen-cabbies nadergefluit het, soos op 'n movie set...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
KYK, MAAR MOENIE VAT NIIE
Die Afrikaanse vrou in die Londense gentleman’s klub
Die Garrick-klub in Londen het 'n belangrike rol in DEE KRÜGER en haar gesin se lewe gespeel.
Deel
IN die hart van Covent Garden staan 'n gebou waarby meeste voetgangers daagliks sonder 'n tweede blik verbysypel. Met sy somber grys aansig kan dit beslis nie as 'n argitektoniese meesterstuk bestempel word nie, hoewel die hoë Viktoriaanse ontwerp nietemin boekdele spreek. Jy hoef net op te kyk deur die reuse-vensters na die sitkamer op die eerste vloer met sy weelderige tierlantyne, kandelare en lewensgrootte olieverfskilderye om te weet jy kyk na iets uitsonderlik. Dit is die Garrick-klub, een van die Britse establishment se roemrykste instellings wat die afgelope weke onder spervuur op al wat koerant se voorblad deurgeloop het.
Vroeër jare het ek om die draai gewoon, in 'n cool woonstelletjie wat ek by Michael Heath, die beroemde spotprenttekenaar, gehuur het. In daardie dae was ek nog vars van Joburg, 'n groentjie in Londen. As buitestander was die Garrick een van die eerste dinge wat ek opgemerk het tydens my staptogte deur die West End om my nuwe omgewing te verken. Ek het geen idee gehad watter plek dit was nie, behalwe dat die hoofingang skynbaar geslote was vir die publiek, maar terselfdertyd ook oop voorgekom het – oop maar nie heeltemal oop nie, miskien oop vir sommige mense maar nie vir … ander nie?
Die portiere, onberispelik uitgerus in hulle inkgroen uniforms was dag en nag aan diens in die voorportaal waar hulle die mans met vrolike erkenning na binne verwelkom het, of Londen-cabbies nadergefluit het, soos op 'n movie set...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
En skielik is hy groot
’n Gevaarlike tyd vir Taiwan
As ’n Oxford-tiener die Wildtuin kies
Oekraïne: G’n twee kante aan dié oorlog nie
Sekspeste, suiplappe en swak fooitjies
Deel
-
Deel
Dee Krüger
JoernalisDee Krüger is ’n joernalis en televisienuusregisseur wat al baie moeilikheid en oorloë eerstehands ervaar het. Sy het al onder meer geskryf of gewerk vir The Guardian, Rapport, City Press, die BBC, SAUK en ABC (Amerika) en is ’n inwoner van Oxford.