’n Gevaarlike tyd vir die ‘lastige, afvallige eiland’ van Taiwan

WÊRELDKWESSIES

’n Gevaarlike tyd vir die ‘lastige, afvallige eiland’ van Taiwan

Pres. Xi Jinping van China se aggressie jeens Taiwan raak ons almal en pres. Cyril Ramaphosa moet daaraan aandag skenk, skryf DEE KRÜGER.

EEN van pres. Xi Jinping se gunsteling-partytjietruuks is om China se vegvliegtuie te laat vlieg oor wat hy as die lastige, afvallige eiland van  Taiwan bestempel, sodat hy die burgers kan herinner wie nou eintlik baas is.   

In die aanloop tot Taiwan se verkiesing op 13 Januarie het China se militêre vliegtuie keer op keer laag en hard oor die eiland gevlieg. ’n Chinese spioenasieballon het ook in die lug gehang waar almal dit kon sien – die soort wat  Amerika verlede jaar oor Suid-Carolina afgeskiet het.

Xi se boodskap was duidelik: Julle behoort aan ons, julle moet stem soos ons wil hê julle moet. Ondanks dié voortdurende intimidasie het die mense van Taiwan die presidentskandidaat verkies wat China die minste van hou: William Lai, 'n groot voorstander van Taiwan se afsonderlike identiteit van China. Dit het gewys hoeveel waarde die Taiwannese aan hulle vryheid van Chinese beheer heg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.