Pandor tref die pragmatiese kol met Qatar, Hamas en Gaza

G'N PLEK VIR BINÊRE BEGRIP

Pandor tref die pragmatiese kol met Qatar, Hamas en Gaza

Suid-Afrika is nie die enigste land met 'n onvoorspelbare buitelandse beleid of wat soms verwarrende uitsprake maak nie. Trouens, meen PIET CROUCAMP, dis soms die beste manier om komplekse internasionale belange te bestuur.

DIE aankondiging deur pres. Cyril Ramaphosa dat hy 'n besoek beplan aan Doha in Qatar het die gebruiklike gesanik en oppervlakkige wrewel van sosiale media al die doofstom energie gegee waarop enkelsellige redevoering normaalweg teer. Ekself het hardop gewonder of Ramaphosa sommer van die geleentheid gebruik gemaak het om met Qatar se emir, sjeik Tamim bin Hamad Al Thani, te praat oor moontlike befondsing vir die ANC se 2024-verkiesing.

Enkele van my kollegas het onmiddellik verwys na minister Naledi Pandor se vermeende steun vir Harakat al-Muqawama al-Islamiya (“Islamic Resistance Movement”, oftewel Hamas) en die feit dat Qatar huisvesting verleen aan dié organisasie se leierskap. Hamas het inderdaad 'n kantoor in Doha, van waar die drie mees senior leiers, Ismail Haniyeh, Moussa Abu Marzuk en Khaled Mashal, paramilitêre aksies teen Israel beplan. En, ná die aanval van 7 Oktober op Israel het Qatar, in skrille kontras met byna al die ander Arabiese Golflande, onmiddellik die blaam vir die bloedvergieting op Tel Aviv geplaas en verseg of versuim om Hamas te kritiseer.

Die feit is, hierdie soort kleinburgerlike bespiegelinge help niemand om Suid-Afrika se buitelandse beleid of Ramaphosa se staatsbesoek aan Doha beter te verstaan nie. Internasionale verhoudinge tussen dominante rolspelers is nie net gekompliseerd tot die punt van obskuriteit nie, dit is by uitstek pragmaties en gerig daarop om teenstrydige belange te balanseer of staande te hou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.