Stadig met die beeromhelsings, Cyril

BRICS-BERAAD

Stadig met die beeromhelsings, Cyril

Die gety het gedraai. Rusland het nou muishondstatus in die meeste lande. Dit sal Suid-Afrika betaam om met volgende week se Brics-spitsberaad in Sandton die temperatuur van sy eens intieme verhouding met Moskou sigbaar af te skaal. Met sy steun aan staatsgrepe in die noordweste van Afrika is Rusland nie meer 'n vriend met wie jy wil spog nie, skryf MAX DU PREEZ.

RUSLAND kan omtrent net spog dat dit die land met die grootste grondoppervlak is. Sy ekonomie is maar die elfde grootste in die wêreld, kleiner as dié van Suid-Korea, net-net groter as Australië, meer in die klas van Spanje.

Boonop het die oorlog in Oekraïne gewys dat die Russiese weermag toe glad nie so magtig is nie. Rusland se swak militêre vertoning – die oorlog was veronderstel om binne 'n paar dae verby te wees en duur al 538 dae – het die land se status as 'n wêreldmoondheid erg ondermyn.

O, maar Rusland is 'n kernmoondheid? Wel, so is Indië, Pakistan, Frankryk, Brittanje, Israel, Amerika en China.  ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.