Onhoudbare spanning tussen SA ekonomiese en buitelandse beleid

BALANS MOET GEVIND WORD

Onhoudbare spanning tussen SA ekonomiese en buitelandse beleid

In sy ideologiese benadering tot die Rusland-Oekraïne-oorlog het Suid-Afrika die belangrikste ding uit die oog verloor: eiebelang. Ons dra reeds die gevolge en dit gaan net erger word, skryf JP LANDMAN.

“DIE onkunde van geopolitieke denkers oor die ekonomie word slegs geëwenaar deur die onkunde van die ekonomiese professie oor buitelandse beleid." So sê die skrywer van 'n nuwe biografie oor Zbigniew Brzezinski, Jimmy Carter se nasionale veiligheidsadviseur, in reaksie op 'n vraag oor sy onderwerp se siening van die internasionale handelstelsel. “Ongelukkig het Zbig, soos die meeste strateë oor buitelandse beleid, insluitende Henry Kissinger, George Kennan, Madeleine Albright, ensovoorts, hulle nie veel met die ekonomie bemoei nie."

Die eerste aanhaling bo is 'n treffende beskrywing van die debat in Suid-Afrika oor betrekkinge met die VSA en Rusland. Ons buitelandse beleid toon, met een of twee uitsonderings, 'n verstommende gebrek aan begrip vir die ekonomiese gevolge van buitelandse beleidsbesluite, en die meeste ekonomiese kommentaar toon 'n ewe verstommende gebrek aan begrip vir Suid-Afrika se geopolitieke oorwegings. Daar is 'n dringende behoefte om ekonomie en buitelandse beleid op 'n manier te integreer wat die belange van die land sal bevorder.

Enoch se insigte..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.