Hokaai, tovarish: Rusland, die vredesinisiatief en die wapenhandelaar

KORING VAN DIE KAF

Hokaai, tovarish: Rusland, die vredesinisiatief en die wapenhandelaar

Die wapenhandelaar en -vervaardiger Ivor Ichikowitz, mede-inisieerder van die Afrika-inisiatief na Oekraïne en Rusland, is ontsteld dat Vrye Weekblad eens suggereer dat hy in ‘Vladimir Putin se dampkring’ is en sê hy is eintlik ’n ondersteuner van Oekraïne. Stadig oor die klippe, kameraad. MAX DU PREEZ skei die koring van die kaf.

IVOR ICHIKOWITZ se maatskappy, die Paramount-groep, sê in ’n brief van die hoofbestuurder, Steve Griessel, uit Abu Dhabi dat Vrye Weekblad die perskode verbreek het met sy storie Maandag onder die opskrif “Oekraïne: Dit was toe nooit ’n Afrika-inisiatief nie.” Lees die berig hier. (https://www.vryeweekblad.com/bulletins/2023-06-19-oekrane-dit-was-toe-nooit-n-afrika-inisiatief-nie/)

Wat Paramount nié ontken nie, is die sentrale strekking van die berig: Dit was Ichikowitz en sy goeie vriend en vennoot, die ewe skaduagtige Franse sakeman van Londen, Jean-Yves Ollivier, se idee, se inisiatief om ses Afrikastate na Oekraïne en Rusland te laat reis om kwansuis vrede tussen dié twee state te bevorder. Hulle het, volgens hulle eie weergawe, die staatshoofde oortuig en Vladimir Putin se instemming verkry.

Ichikowitz, wie se ouers in die 1930’s uit Oos-Europa na Suid-Afrika geïmmigreer het (hy is in 1966 in Springs gebore), ontken ook nie dat hy een van die ANC se groot befondsers is en in hoë ANC- sosiale kringe beweeg nie. Hy was een van Jacob Zuma se weldoeners en het hom by meer as een geleentheid rondgevlieg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.