Druk uit ANC-geledere lei tot herbesinning oor Putin

RUSSIESE BELEID

Druk uit ANC-geledere lei tot herbesinning oor Putin

Sterk stemme uit onder meer Luthulihuis en die ANC se nasionale werkkomitee, eerder as druk vanuit die sogenaamde Weste, het ’n groot rol gespeel in die regering se herbesinning die afgelope week oor Suid-Afrika se verhouding met Rusland, skryf PIET CROUCAMP.

DIT word nou toenemend duidelik dat pres. Cyril Ramaphosa se politieke homo-erotiese fiksasie met Vladimir Putin nie standhoudend is nie. Maar die beweegredes vir die kruipende pragmatisme en redelikheid binne die ANC en die regering wat betref Suid-Afrika se verhouding met Rusland is nie vir almal so voor-die-hand-liggend nie.

So vreemd as wat dit mag klink, kan die herbesinning van Suid-Afrika se sogenaamde onverbondenheid en die opsigtelike poging die afgelope week om toenadering tot Amerika te soek, toegeskryf word aan opinies vanuit die ANC se besluitnemingstrukture eerder as aan druk vanuit die sogenaamde Weste.

Indien jy dus net fikseer op die monetêre omvang van ons internasionale handelsbetrekkinge met die sogenaamde Weste as verklaring vir die afgelope week se gebeure en die worstelinge in die geboortekanaal van die ANC en die regering miskyk, is wanbegrip jou voorland. Die feit van die saak is: daar is geen konsensus binne die ANC dat Putin die voordeel van die twyfel vis-à-vis die Amerikaners moet kry nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.