Primêre sanksies teen SA ’n laaste uitweg vir VSA, Europese Unie

SA EN PUTIN, BRICS

Primêre sanksies teen SA ’n laaste uitweg vir VSA, Europese Unie

Primêre ekonomiese sanksies deur die VSA en die Europese Unie weens onbehae met Suid-Afrika se fiksasie met Rusland sal die laaste uitweg wees en uitsluiting uit die Agoa-handelsooreenkoms is onwaarskynlik, skryf PIET CROUCAMP. Daarenteen is geteikende sanksies reeds in werking en word diplomatieke druk op die Uniegebou uitgeoefen oor die Agoa-forum wat later vanjaar in Suid-Afrika aangebied sou word.

EK het geen twyfel dat primêre ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika nié tans deur óf die Amerikaners óf die Europese Unie (EU) oorweeg word nie.

Dié standpunt klink dalk ongeloofwaardig juis omdat pres. Cyril Ramaphosa dit ook onlangs beweer het, maar ongelukkig, of dalk eerder gelukkig, is dit korrek. Suid-Afrikaners moet hulle nie op loop laat neem deur vrese van opposisiepartye of burgerregte-organisasies met ’n belang daarby om politieke kapitaal uit diepdonker scenario’s te maak nie.

Die situasie is alreeds benard gegewe die ongeloofwaardigheid van die president se woord en die onbeholpenheid van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, maar dalk moet ons ook nie ons periferale visie van wysheid so goedkoop aan politieke sterrewiggelaars met onbeperkte toegang tot die media verhandel nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.