Hel SA se buitelandse beleid te veel oor na Rusland, China, Brics?

‘ONGURE VRIENDE'

Hel SA se buitelandse beleid te veel oor na Rusland, China, Brics?

Dit word daagliks uitgebasuin dat die toenemende geflikflooi met sodanige ‘ongure vriende’ Suid-Afrika se beeld skade aandoen en negatiewe ekonomiese gevolge inhou. Die feite weerspreek egter in ’n groot mate hierdie aantygings, skryf GERT GROBLER.

  • 14 April 2023
  • Vrye Denker
  • 9 min om te lees
  • artikel 4 van 26
  • Gert Grobler

DAAR word deesdae tot vervelens toe deur die media berig dat Suid-Afrika met sy “onverbonde-georiënteerde” buitelandse beleid te veel met China, Brics en die ontwikkelende wêreld flankeer vanweë onder meer die ANC se klem op “progressiewe internasionalisme en solidariteit”.

Dit word daagliks uitgebasuin dat hierdie toenemende geflikflooi met sodanige “ongure vriende” die land se beeld beduidende skade aandoen en negatiewe ekonomiese gevolge vir Suid-Afrika inhou.

Die harde feite op die grond weerspreek egter in ’n groot mate hierdie vrese en aantygings. Die feit is dat daar sedert die Mandela-era ’n konsekwente patroon in Suid Afrika se regering bestaan, soos tans onder pres. Cyril Ramaphosa, om steeds ’n ewewigtige en strategies gerigte buitelandse beleid na te streef, nou gekoppel aan nasionale belang veral op ekonomiese terrein. Suid-Afrika handhaaf deesdae diplomatieke verhoudinge met bykans 150 lande, met 103 oorsese diplomatieke sendings, asook ’n aantal konsulate/erekonsulate...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.