Die cordon bleu is dood, lank lewe die cordon bleu!

BON APPÉTIT!

Die cordon bleu is dood, lank lewe die cordon bleu!

Die keuse van wat jy wil eet het in die laaste paar dekades in Suid-Afrika met rasse skrede vooruitgegaan. ALBERTUS VAN WYK onthou waar ons vandaan kom.

ANDERDAG gooi ek diesel in by ’n vulstasie in Oranjestraat in Kaapstad. Dis middagetenstyd en ek kry sommer iets te ete in die vulstasie-winkeltjie.

Die Woolworths Food-winkel het ’n asembenemende, uitgebreide aanbieding van voorbereide kos. ’n Mens raak verbouereerd as jy voor die rakke staan. Ek sou tevrede gewees het met ’n hoender-mayo-toebroodjie, maar om so iets te kies te midde van hierdie tsunami van wêreldcuisine-opsies sou my stand verraai.

Uiteindelik stap ek uit met ’n bakkie “Moroccan Chicken Mini Fillets” en ’n bakkie met 18 mozzarella-balle met ’n krummelkorsie oftewel “Mozzarella Arancini”. En ’n Stoney Zero (ná my belegging in die ander twee haute cuisine-items was my beursie te dun vir die kombucha)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.