Satanisme, kommunisme, dwelms: die twak van toentertyd se...

ONTHOU JY NOG?

Satanisme, kommunisme, dwelms: die twak van toentertyd se panieksaaiers

Ons lewe in ’n tyd van disinformasie en vals nuus. Selfs formele mediamaatskappye is so opgeslurp in die een of die ander kant van die kulturele en ideologiese oorlog in Amerika dat dit moeilik is om selfs voormalige betroubare nuusbronne te glo. In die gees van Kersfees verlang ALBERTUS VAN WYK terug na ’n tyd toe die twakpraters nog vermaaklik was, en maklik om te herken – soos Rodney Seale, Dave Griesel en Francis Grim.

PLATTELANDSE wit kinders voor 1990 se oë het oor jare geleidelik oopgegaan vir die onreg van apartheid. Sommige oë het nooit oopgegaan nie.

PW Botha se Totale Aanslag-benadering was effektief daarmee om die soort inligting uit die koppe van jong wit kinders te hou wat vir hulle ’n vermoede kon gee dat daar ander gesonder gemeenskappe elders was, dat daar ’n ander en meer morele manier van dink was.

Ek was al in matriek toe die eerste publikasies wat krities was oor die Nasionale Party-kabaal ons dorp bereik het – die Mail & Guardian en Vrye Weekblad. Kassette met Johannes Kerkorrel se kabaret Piekniek by Dingaan en André le Toit se Ver van die ou Kalahari wat ses of sewe keer op tuiskassetopnemers ooropgeneem en aangegee is, het ons bereik en ons het dit voos geluister...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.