SELFS die minder begaafdes en ingeligtes onder ons weet teen dié tyd deeglik dat ras nie ’n biologiese feit, ’n wetenskaplike werklikheid is nie, maar ’n sosiale opmaaksel; dat daar net een “ras” mense is; dat mense binne ’n bepaalde rasgroep geneties meer van mekaar kan verskil as van mense buite die groep; dat ons velkleur en hare bloot ’n produk is van waar op aarde ons voorvaders die meeste tyd deurgebring het.
Ons besef ook dat ons wit voorsate se tegnologiese voorsprong bo die mense wat hulle hier kom oorheers het, niks met hulle ras of inherente intelligensie te make gehad het nie, maar met omgewing, klimaat, bevolkingsdigtheid, geskiedenis en kultuur.
En tog hou ons vol, almal van ons, om in ons denke en ons omgang met mekaar aan ras te klou – party gelukkig minder so as ander, maar tog. Honderde millennia sedert ons evolusie tot ’n denkende, rasionele spesie, al die pad tot op ons huidige gevorderde tegnologiese ontwikkelingsvlak, laat ons nog toe dat mense se fisieke voorkoms ons siening van hulle beïnvloed...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Jaag vir Mantashe weg, nie vir De Ruyter