Wouter se E’s en ’n Faustiaanse pakt

VERLIGTE VREUGDE

Wouter se E’s en ’n Faustiaanse pakt

Jy kry twee of drie van die heel beste jare van jou lewe, maar daarna gaan jy nooit weer vreeslik geesdriftig wees nie. LOUIS DE VILLIERS was as ’n laat 20ste-eeuse raver bereid om daardie prys te betaal.

DIE stortreën het in amperse vlae gelek deur die stretchy pseudo-Bedoeïen-tent waar ek en my anderhalf dosyn vasgeparkeerde vriende geskuil het by die laaste trance-rave waar ek vrywillig was.

Net anderkant die kreeffabriek, net buite Misty Cliffs, net ná die eeudraai.

“Het enigiemand hier enige droë Rizlas?” het ’n  druipnat halfbejaarde hippie gevra terwyl hy koes-koes inskuifel sodat hy nie die wankelrige tent op al ons klam swernote laat tuimel nie. Dis dalk die hartseerste vraag wat ek in al my jôljare gehoor het en ek het nogals baie jare baie gejôl...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.