Dis e-bloed wat vloei, maar dis regte sweet wat tap en regte...

LEES WEER

Dis e-bloed wat vloei, maar dis regte sweet wat tap en regte trane wat rol

Dwelms, opkikkers, rassisme en matelose geweld ... ja, e-sport het alles wat ‘regte’ sport het, het LOUIS DE VILLIERS vir die uitgawe van 3 Mei 2019 geskryf.

TOE ek drankies vir sy ouers en sjokolademelk vir die pikkie gaan skink, het hy met voorbedagte verveeldheid deur die dosyne films gekyk waarmee ek gehoop het om hom stil en my honde ongetraumatiseerd te hou.
Hy’t suur gevra of ek YouTube het. ’n Diep, verligte sug en 'n drankie later het ek gaan kyk of hy nog tevrede is, en die kêrel was verdiep in 'n video van 'n ander man wat 'n speletjie speel en daaroor kommentaar lewer. By my volgende navraag was hy besig om te kyk hoe ander mans kommentaar lewer oor hoe ander mans videospeletjies speel en daaroor kommentaar lewer.
Dit was só meta dat ek skielik besef het hoe my pa moes gevoel het toe ek in die middel-1970’s met 'n Black Sabbath-kasset by die pastorie aankom. Vir my geslag was die klank van elektriese kitare altyd in ons lewe, en heavy metal in ons tienerjare, by nabetragting, heeltemal onvermydelik.
Vir my tienjarige gas was rekenaars lewenslank vanselfsprekend. En die opkoms van e-sport derhalwe ook.

Inspanning

Sport word meestal gedefinieer as 'n aktiwiteit wat fisieke inspanning en vernuf verg en waarin mense vir vermaak teen mekaar meeding...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.