Michael Lapsley: Hulle het my vergewe vir hulle sondes

UIT DIE ARGIEF

Michael Lapsley: Hulle het my vergewe vir hulle sondes

Een van die laaste bekende slagoffers in die buiteland van aanvalle deur moordbendes van die destydse Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte is die Anglikaanse priester Michael Lapsley. CHRISTELLE TERREBLANCHE het in Junie 1992 in Kaapstad met hom gesels oor die aanslag in Zimbabwe op sy lewe.

  • 27 April 2022
  • Mense & Kultuur
  • 6 min om te lees
  • artikel 7 van 9
  • Christelle Terreblanche

VADER Michael Lapsley (43) het as uitgewekene verskeie van sy vriende verloor in kommandostrooptogte in Suid-Afrika se buurlande en ander sluipmoordpogings.

In Lesotho, waar hy eers gaan bly het nadat hy in September 1976 (kort ná die Soweto-onluste) uit Suid-Afrika gesit is, het hy self lank saamgeleef met die vrees vir die skielike dood. Die toenemende aanvalle oor die grens vanuit Suid-Afrika in die 1980’s het hom uiteindelik Zimbabwe toe laat verhuis. Daar sou dit veiliger wees, het hy gemeen. Maar ná Staatspresident FW de Klerk se toespraak op 2 Februarie 1990 en die stappe wat daarop gevolg het, het hy soos ander uitgewekenes versigtig optimisties begin raak. Hoewel hy pas 'n nuwe bediening in Bulawayo aanvaar het en van Harare soontoe sou verhuis, het hy al in sy agterkop begin plan maak om na sy aangenome vaderland terug te keer.

Die stemming het meer ontspanne begin raak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.