Vreemdelingehaat: Verdoem ons gene ons?

ONS VS. HULLE

Vreemdelingehaat: Verdoem ons gene ons?

Xenofobie was 'n belangrike spesery in die sop van ingewikkelde emosies wat ons voorsate saamgesnoer het in nomadiese groepe wat saam oorleef het, maar waarom steek dit steeds kop uit? Is dit propaganda? Projeksie? Of skuil dit in elkeen se hart? Die sielkundige LOUIS AWERBUCK bepeins die saak.

HULLE wil ons werk vat. Hulle het niks bygedra tot enigiets nie, maar nou kom teer hulle op ons hulpbronne wat reeds te min is vir onsself. Hulle het vreemde gelowe, hulle eerbiedig nie ons gewoontes nie en hulle is nie ons tipe mense nie. Ons kan hulle nie vertrou nie. Ons moet ons teen hulle beskerm. Hulle steek goed vir ons weg. Hulle beplan om ons dood te maak. Hulle wil ons besittings en huise gryp, ons vrouens verkrag, ons kinders verslaaf, en ons oorneem.

Groepdinamika en gepaardgaande persepsie van vreemdelinge se voorspelbare patrone vorm ’n integrale deel van die mens se geskiedenis en kollektiewe psige. Die vroegste bewyse van gewelddadige konflik tussen groepe mense lê in beendere wat in Oos-Afrika opgegrawe en argeologies bestudeer is. Aanduidings is sowat twee dosyn prehistoriese mans, vroue en kinders is ongeveer 10,000 jaar gelede brutaal vermoor in wat bekend is as die “Nataruk-slagting”, wat moontlik gebeur het omdat een groep ’n ander se hulpbronne wou afvat.

Hierdie is ’n bekende ou storie. Die meeste kulture en nasies se voorgeskiedenis, gelowe en kontemporêre geskiedenis sluit verhale van kenmerkende konflikte en gewelddadige optrede tussen verskillende groeperings in. Die Israeliete teen die Filistyne. Grieke teen Persiërs. Ooste teen Weste. Boere teen Engelse. Zoeloes teen Voortrekkers. Protestante teen Katolieke. Die Natte teen die Sappe, die NP teen die ANC, die Russe teen die Oekraïners. Só kan ’n mens aangaan, maar die beginsel bly dieselfde: Ons as mense kloek saam, en daar is gewoonlik ’n ons wat die “goeie” spul is, die waarheid beet het, en wie se oortuigings meer geregverdig of van waarde is as die gelowe van hulle, die Vreemdelinge...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.