×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Zondo II: Die oppergesag van die reg is nou op die spel

KAALVOET OOR EVEREST

Zondo II: Die oppergesag van die reg is nou op die spel

Die tweede staatskapingsverslag lees soos 'n kronologie van die vernietiging van twee belangrike nasionale bates, maar die donker wolk oor huidige ANC-leiers voorspel geen blitsige aksie nie, skryf MAX DU PREEZ.

DIE tweede verslag van regter Raymond Zondo se staatskapingskommissie het die fundamentele kwessie van die oppergesag van die reg nou onder 'n skerp soeklig geplaas.

Suid-Afrikaners kla al jare lank dat daar 'n kultuur van strafloosheid heers; dat daar geen aanspreeklikheid vir korrupsie en wanbestuur is nie. Maar Zondo II het dit nou op die spits gedryf: 'n hele klomp politici, amptenare en sakelui word as aandadig aan staatskaping en as korrup beskryf en daar word aanbeveel dat hulle strafregtelik ondersoek moet word.

As niks of min binnekort daaraan gedoen word nie, kan ons doodgewoon nie meer praat van die soewereiniteit van die reg nie. Dan is die boodskap helder en duidelik: as jy politieke dekking het, kan jy steel soos jy lus is. Dit sal die legitimiteit van die staat na gevaarlik lae vlakke laat daal...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X