Die nuttigste vyand is die een wat jy self skep

DIS DIE BLEDDIE [KIES EEN] SE SKULD!

Die nuttigste vyand is die een wat jy self skep

JOHAN KOORNHOF onthou 'n ander tyd toe mense ook graag die vinger na ‘hulle’ gewys het vir alles wat skeefloop.

HENDRIK VERWOERD is op 9 April 1960 by die Randse Skou deur ’n Engelssprekende Suid-Afrikaner, David Pratt, geskiet.

Vroegoggend op daardie vroeë Hoëveldse oggend het ek ’n liggrys rokie sien opstyg bo die skare in die hoofpawiljoen, gevolg deur die dowwe knalle van pistoolskote. Om my was  baie boere, flink van oog, wat gretig die nuus gedeel het – die eerste minister is geskiet.

’n Ambulans het feitlik onmiddellik verskyn, met twee soldate soos flanke aan weerskante, in kakie met maroen barette, en in gelid. Die skieter was onbekend, maar my pa [die latere kabinetsminister dr. Piet Koornhof] se reaksie was onmiddellik woedend: “Dis die bleddie Engelse!” My ma het hom probeer stilmaak: “Sjuut, die mense sal jou hoor.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.