Die stryd teen ‘inligtingsversteuring’

OM VAN BETER TE WEET

Die stryd teen ‘inligtingsversteuring’

Ons openbare omgewings is vervuil met gerugte, haat en misleiding, skryf HERMAN WASSERMAN. Hoe kan ’n mens dit beveg?

NÁ twee jaar van die Covid-19-pandemie is ons vertroud met die woorde “fopnuus”, “disinformasie” en “samesweringsteorie”. Die oorweldigende hoeveelheid inligting oor die pandemie, baie daarvan nuut, verwarrend, angswekkend en dikwels misleidend, is  al deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) as ’n “infodemie” beskryf.  Die WGO waarsku dat die vinnige verspreiding van skadelike inligting op digitale platforms riskante gedrag kan veroorsaak wat mense se gesondheid kan benadeel en kan lei tot  wantroue in gesondheidsowerhede en die ondermyning van beleid oor openbare gesondheid. 

Dis ’n tendens wat ouer is as antivaxxers en ivermektien-profete. Reeds in 2016, die jaar waarin Donald Trump president van die VSA geword het, het die Oxford Dictionaries hul woord van die jaar as  “post-truth society” aangewys: “an adjective relating to circumstances in which objective facts are less influential in shaping public opinion than emotional appeals”.

Om tot mense se emosies te spreek – gewoonlik die rassistiese en misoginistiese vooroordele onder sy kiesers – was die basis van Trump se verkiesingsveldtog. Hy het ook die term “fopnuus” as ’n wapen ingespan om sy kritici af te maak en die nuusmedia aan te val. (Dis een van die redes waarom navorsers verkies om die term “fopnuus” te vermy en liewer meer genuanseerde terme soos misinformasie, disinformasie en waninligting te gebruik)...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.