Nick Hudson en Panda is verkeerd, en dis dodelik om hulle te glo

COVID-19-STRUWELINGE

Nick Hudson en Panda is verkeerd, en dis dodelik om hulle te glo

Inentings werk in Suid-Afrika. Hiér is die bewyse, skryf NATHAN GEFFEN van GroundUp. Moet dus nie dat die kamma-kenners van die wêreld jou om die bos lei nie.

INENTINGSWEIFELING is 'n groot probleem. Daar was die afgelope paar weke talle nuusberigte oor die tragiese verhale (https://www.news24.com/news24/southafrica/news/i-kept-telling-them-to-get-vaccine-cape-town-baby-orphaned-after-parents-die-of-covid-19-20210812) van mense wat aan Covid-19 dood is omdat hulle teen die inenting besluit het.

Die meeste mense het nie tyd om die ingewikkelde detail te probeer verstaan van hoe Covid-inentings werk en hoe ons kan weet dié inenting is veilig nie. Die stortvloed waninligting wat hoofsaaklik op WhatsApp, Facebook en Twitter versprei word, maak dinge selfs moeiliker. Dis daarom nie verbasend dat daar nog soveel draadsitters is wat die inenting betref nie.

En dít is hoekom hierdie grafika, wat die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement verlede week (https://www.groundup.org.za/media/uploads/documents/digital_press_conference_9_sept_2021.pdf) uitgereik het, so belangrik is. Dit wys hoe wonderbaarlik effektief die Covid-19-inentings is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.