Wat is dit met seks?

VAN SLET TOT KOEK

Wat is dit met seks?

In die lig van die hedendaagse sexual liberation movement en die diskoers rondom confidence en body positivity skryf MERCY KANNEMEYER oor maagdelikheid, seks, mag en sosiale konstrukte.

HALLO, my naam is Mercy. Ek is 28 jaar oud en ek is ’n maagd. En ja, sommige mense sal vra “so what?!”, maar die reaksie wat ek meestal kry wanneer ek noem dat ek nog nooit seks gehad het nie, is: “Oh my word! Hoekom nie? Jy mis uit.”

Buiten my magistertesis, is hierdie een van die moeiliker stukke wat ek al moes skryf. Want hoe skryf jy oor seks, or the lack thereof, sonder om dit te laat oorkom asof jy wil hê mense moet jou jammer kry? Jammer is glad nie die emosie wat ek hier probeer ontlok nie. Met die hedendaagse sexual liberation movement waar dit voel asof álles oor seks gaan, en die diskoers rondom confidence, body positivity, en vry fokken vroue, is dit vir my uitdagend om ’n eier te moet lê oor iets wat mense dalk sal sê ek weet niks van af nie, maar hey! ’n Hoender wat nie kekkel nie se eier proe nie lekker nie en ’n slang wat nie seil nie se maag word nie vuil nie. Awe.

In my weke lange wroeging oor die seksonderwerp het ek by ’n paar vertrouelinge gaan aanklop om te vra hoe ek nou die ding moet aanpak. Weereens moes ek verklaar dat ek ’n maagd is. My goeie vriendin Lourensa Eckard het voorgestel dat ek die stuk só moet frame dat dit duidelik is dat ek plugged in is. Met ander woorde, ek is bewus van gesprekke rondom seks, genderidentiteit, insert enige woke buzzword hier, en so meer. Een van my kollegas, Rudi Botha, sak af: “So jy is los met jou bek maar jou parra is op sy plek!” Wyse woorde wat my vir ure laat skater het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.