Dopamien: die wetenskap van begeerte en die wipplank in ons brein

WÊRELD VAN OORVLOED

Dopamien: die wetenskap van begeerte en die wipplank in ons brein

Een van die fassinerendste bevindings in neurowetenskap die afgelope 75 jaar is dat dieselfde dele van die brein wat plesier prosesseer, ook pyn prosesseer en dat plesier en pyn in balans werk. ANNELIESE BURGESS vertel meer oor die bevindinge in ’n onlangse boek, Dopamine Nation: Finding Balance in the Age of Indulgence.

IN Dopamine Nation ondersoek die psigiater Anna Lembke (https://profiles.stanford.edu/anna-lembke) hoe kwesbaar ons geword het vir “overconsumption” in ’n wêreld waar ons ongekende (en super-maklike) toegang het tot konstante hoëbeloning-, hoëdopamien-stimulusse, en hoe dit allerlei verslawings aanwakker – van dwelms en alkohol tot kos, seks, dobbel en slimfone.

En as daar nou een ding is waarvan Lembke wéét, is dit verslawing. Sy is die mediese direkteur van Stanford Addiction Medicine, programbestuurder vir die Stanford Addiction Medicine Fellowship en hoof van die Stanford Addiction Medicine Dual Diagnosis Clinic.

“All around us people are looking at their phones too much, eating too much, drinking too much. Our world is addicted to fleeting distracting pleasures that get us nowhere ... We’ve transformed the world from a place of scarcity to a place of overwhelming abundance: Drugs, food, news, gambling, shopping, gaming, texting, sexting, Facebooking, Instagramming, YouTubing, tweeting ...”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.