Die 44ste verhaal oor Afrikaans

RUBRIEK

Die 44ste verhaal oor Afrikaans

Wat ’n ironie dat Afrikaans in al haar gedaantes juis in ’n Engelse omgewing wys sy’s ’n vrou wat kan, skryf ANASTASIA DE VRIES.

VAN ’n koppetellery vir Afrikaans sluk ’n vrou nou die ander aand sommer skoons haar hele hoghere Ingelse aksent weg. Maar kyk hoe hol ek onder die storie uit. Laat ek voor begin.

Dit was ’n ghrênd affêring, die afgelope Maandagaand. Eers mengeldrankies op die grasperk, toe aandete in een van die sale waarvan ek die naam vergeet het. Ek herken drie of vier mense. ’n Vrou stel mense aan mekaar voor, stuur kelners rond met skinkborde vol glase en allerlei verloklike knibbelknabbeltjies. You must mingle, por sy wat glo al 30 jaar by die maatskappy werk. Sy ken almal. You’re a newbie, sê sy en vra tot drie keer onder haar gepraat deur my naam. Sy’t gehoor ek gee klas in Afrikaans by die UWK, is dit waar? Ek knik. Haar mond tuit in ’n keurige koeëlronde Engelse “o”. Kids still keen on the language, sê-vra sy. Dié ekke: “Very much so.” Hoeveel studente het julle nog oor, wil sy weet. Ek sê. More than four ... Sy slaan met haar plathand op my skouer. “You lie, Samenta!” En dis net in die akademiese kursusse, voorgraads, voeg ek by. Sy: “Now you sommer made me lose my accent!”

So, bons sy terug, aksent en al, so wat het jy te sê oor the dying language? Niks, sê ek. Soos ek gesê het vir die joernalis wat gebel het met die versoek: Praat met ons oor die 44, ons het ’n kundige mening nodig. Niks vir niks, maar verskoon my dat ek lag en lag en lag. Kyk, ’n mens weet wanneer jy uitgelok word om iets te sê oor iets waaroor jy nie iets wil sê nie. Want my vraag is: Hoekom staan ons dan nou op die dak oor die jongste uitspraak oor onse taal wat uitsterf? Wat van hand in eie boesem? Wanneer ons self in eie land onse taal verdoem? Of sny die woord “uitsterf” te na aan die been en stroop ons gemaklike gebruik van goeterse soos “bedreig word” en “aanslag op Afrikaans” van hul valsheid? So as iemand my al moes uithaal omdat ek in allerlei vergesigte die dood in die pot vir Afrikaans verkondig het of die etiket van bedreigde taal al hoe stywer om haar strot help bind, gooi dan gerus die eerste klip. Maar in hierdie laaste geval? Pot. Ketel. Oneerlik. Want al wat die pretty pollie doen, is wat papegaaie doen: wat by hulle bekke uitkom, is wat by hulle ore ingaan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.