Afrikaans, Stellenbosch en ’n ‘love-haterige’ warm patat

KHAMPEPE-VERSLAG

Afrikaans, Stellenbosch en ’n ‘love-haterige’ warm patat

Die Stellenbosch-storie is die moeilikheid self en so deurmekaar soos kots, sê CARSTEN RASCH. Hy het heel Sondag daarmee gesit en gevind hy verander elke uur of so sy standpunt.

EK het nou al angles van Mercy Kannemeyer, wat ongemaklik voel; Max du Preez, wat sy woorde mooi tel; Awethu Fatyela, wat nie doekies omdraai met haar gevoelens oor wit-wees nie (in Mail & Guardian); Ijeoma Opara, wat die hele gedoente sommer wil deconstruct (News24); Mugabe Ratshikuni, wat vra “why the heck do darkies not just build their own institutions” (Politicsweb), en Anneliese Burgess wat skryf “hierdie voel fokken persoonlik vir my”. Toe ek uiteindelik Sisi Khampepe se verslag lees, was my gevoel dat sy meer as net effe skeef op die pot sit oor die taal-issue.

My gevoelens omtrent Stellenbosch is ’n bietjie love-haterig. My dae daar as ’n student in die fyndraai van die seventies was bittersoet. Ek voel so ’n nostalgiese knypie elke keer as ek die dorp inry, in Dorpstraat op, verby Voorgelegen waar ek en my tjommies ons tande geslyp het vir die lewe wat sou volg. Maar net daar is ook die bewyse van ’n dorp wat verander het van ’n plaasdorpie met ’n universiteit na die rykmansbuurt en toeristemekka wat dit vandag is.

Daar is geen twyfel dat Stellenbosch (die dorp) en die universiteit heelwat verander het nie. Of daardie veranderinge ten goede of kwade is, kan ek nie sê nie, want ek is lankal nie meer betrokke nie. Al wat ek weet, is dat dit vandag geensins is wat dit in die seventies of eighties was nie. Dat dit verder sal verander, is ook onvermydelik. Dis mos nie ’n eiland nie. Maar dis ook nie Pretoria of Johannesburg nie, selfs nie eens Kaapstad nie. Dit bly steeds ’n dorp, ’n plaasdorp...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.