Khampepe-verslag: Niks moet ‘convenient’ wees nie

OOR RASSISME EN AFRIKAANS

Khampepe-verslag: Niks moet ‘convenient’ wees nie

MERCY KANNEMEYER verduidelik hoekom sy gemengde gevoelens het oor oudregter Sisi Khampepe se verslag oor rassisme aan die Universiteit Stellenbosch. Sy sê ook die universiteit hoef nie die wiel van voor af uit te vind nie, maar hulle moet luister, dieper kyk en besin.

MET die intrapslag van die Khampepe-verslag voel ek ongemaklik. Ná die inleiding word definisies verskaf wat as raamwerk vir die lees van die verslag verstaan moet word. Die eerste woord wat gedefinieer word, is “Black”. Miskien is ek pedanties, maar kyk gou saam met my na die definisie wat oudregter Sisi Khampepe verskaf:

“Black” – unless otherwise specified, this connotes the broadest racial category that includes the Black, Indian and Coloured racial groups. The use of “Black” in this catch-all fashion is in no way intended to undermine the nuances of racial discrimination nor the unique experiences and histories of these different groups of people. It is merely a convenient means of phraseology which provides a less cumbersome read.

’n Mondvol wat die kompleksiteit van ras probeer vasvang. Ek het geen probleem met hoe mense identifiseer nie, en ek het ook nie ’n probleem daarmee as mense dié tipe Pan-Africanism wil omarm nie. My probleem met die oudregter se definisie is konteksgebonde. In die Universiteit Stellenbosch se geval en in ’n groot mate in die geval van die volledige verslag, is dit van kardinale belang om ’n onderskeid te tref tussen die rasgroepe sodat die wortel van die rassisme aan die instelling onder ’n deeglike soeklig geplaas kan word. Ek is bevrees dat indien alles as “Black” gelees en verstaan gaan word, daar erasure gaan plaasvind wat uiteindelik meer skade gaan aanrig. En nee, ek is nie anti-black nie. As bruin studente aan die universiteit was dit my geleefde ervaring dat bruin studente misgekyk, ge-silence en dikwels uit groot gesprekke gelaat word. Dis nie genoeg om te sê “it is a merely a convenient means of phraseology” nie. Niks rondom hierdie verslag en die gesprek wat dit ontlok het, moet convenient wees nie. Onderwerpe waaraan ons land en haar mense swaar dra, verdien die nodige detail sodat daar nie ruimte vir twyfel gelaat word nie. Ek verander my mind. Ek is nie pedanties nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.