’n (Blykbaar) irrasionele hartsargument oor Stellenbosch en ...

EK SAL NIE MY BEK HOU NIE

’n (Blykbaar) irrasionele hartsargument oor Stellenbosch en Afrikaans

ANNELIESE BURGESS probeer haar gedagtes orden. Oor die ding in haar maag wat sy voel oor Stellenbosch. Of miskien is die ding in haar maag eintlik oor Afrikaans (wat sy in haar water weet is besig om sy gat te sien). Moontlik het die twee uiteindelik niks met mekaar te doen nie.

EK begin by die begin. My begin. Met taal.

Ek het grootgeword in ’n huis met ’n Engelssprekende pa en ’n Duitse ma. Die enigste lid van my familie wat Afrikaanssprekend was, was my ouma, ’n Van der Walt.

Snaaks genoeg het sy en my oupa met mekaar Engels gepraat, maar met ons het sy Afrikaans gepraat. Dit was ’n taal-deurmekaarspul in ons familie, maar die bottom line is a) dat ek gemaklik meertalig grootgeword het, en b) dat Afrikaans nie my moedertaal is nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.