Waar Dawid die wortels gegrawe het

VAN WAAR, GEHASI?

Waar Dawid die wortels gegrawe het

DEBORAH STEINMAIR gaan op 'n speurtog na die oorsprong van woorde en spreekwoorde.

EK lees in ’n lieflike boek, Our Missing Hearts, oor ’n man, Ethan, vir wie woorde geheime ingehou het; die stories oor hoe hulle ontstaan het, die geheimsinnige maniere waarop woorde verbind is. Hy het die stambome van woorde nagevors en die mees onwaarskynlike verwante ontdek. Vir hom was dit die bewys dat daar, ondanks die chaos wat ons omring, logika en orde omtrent die wêreld is; ’n onderliggende sisteem wat ontsyfer kan word. Dat die wêreld ’n kenbare plek is. Ek voel ook so oor woorde. Vir party mense is dit syfers.

Ethan volg die spoor van woorde: “Testify had its roots in the word for three: two sides and a third person, standing by, witnessing. Author originally meant one who grows: someone who nurtured an idea to fruition, havesting poems, stories, books.”

Daar was deur die dekades etlike publikasies in Afrikaans wat die oorsprong van woorde en spreekwoorde verduidelik. In sulke boeke kan ’n mens jou verloor. Ek het twee aangeskaf en vriende stuur vir my uittreksels uit stokou geskrifte. In hierdie rubriek gaan ons op ’n skattejag, ons gaan spoorsny en kyk waar Dawid die wortels gegrawe het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.