Die asemrowende ‘onthullings’ van Iqbal Survé se mediagespuis

PIET RAMPEDI EN KIE.

Die asemrowende ‘onthullings’ van Iqbal Survé se mediagespuis

In die eerste aflewering van ons ondersoek na Independent Media het JACQUES PAUW bekyk hoe Iqbal Survé ’n gerespekteerde mediahuis gekoop en dit in ’n mondstuk vir sy mislukkende sakeryk omskep het. Nou ontleed ons die rol van Survé se gediskrediteerde span joernaliste in die veldtog om Cyril Ramaphosa te ontsetel en die beeld van die ANC se radikale ekonomiese transformasie-kabaal (RET) te poets.

Dis April 2019 en Iqbal Survé, eienaar van Independent Media, getuig voor die kommissie van ondersoek na die Openbare Beleggingskorporasie (OBK). In antwoord op ’n vraag oor ’n artikel in die Sunday Times sê hy: “Glo enigeen die Sunday Times? Hulle is reeds in elke moontlike opsig gediskrediteer. Met die Cato Manor-moordbendes, die SAID se koverte eenheid, en so meer.”

Maar hoekom het Survé Piet Rampedi en Mzilikazi wa Afrika dan net dae voor dié stelling in topposte by sy koerante aangestel – veral in die lig daarvan dat hulle loopbane juis deur hulle verslaggewing oor die koverte eenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gedefinieer is?

Read this article in English:..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.