AS die voormalige spioenbaas en nou selfontwerpte “fluitjieblaser” Arthur Joseph Peter Fraser reg is, was Cyril Ramaphosa deel van ’n misdadige onderneming binne die presidensie wat groot hoeveelhede buitelandse valuta die land binnegesmokkel het. Hulle het die Amerikaanse dollars daarna deur verdagte sakelui laat was, waarskynlik om dit wettig te laat lyk.
Die president het volgens Fraser gelieg toe hy gesê het die geld wat in Februarie 2020 van sy Phala Phala-plaas in Limpopo gesteel is, was die opbrengs van vee- of wildverkope. Die geld kom van lande soos Katar en Egipte en is deur Ramaphosa se spesiale raadgewer, Bejani Chauke, Suid-Afrika binnegesmokkel. Hy het die geld verpak en in die rusbank versteek en die buit met die hulp van genl.maj. Wally Rhoode, hoof van die presidensiële beskermingseenheid, na Phala Phala verskuif.
Fraser se groot komplot is vervat in ’n memorandum of brief van 14 bladsye wat hy geskryf het aan brig. Zama Basi, hoof van die Valke se teenkorrupsietaakspan en die polisieman wat die ondersoek na die diefstal van die geld by Phala-Phaha lei...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.