IN my universiteitsdae, toe die apartheidstaat sy laaste, hewigste dekade binnegaan, was dit behoorlik ’n statussimbool om die veiligheidspolisie op jou spoor te hê. Dit kan vandag weer so wees. Elke owerheid hou van vyande, want hulle voorsien selfregverdiging. En studente is lief vir intrige, slagofferskap en die aura van heldedom waarmee dit jou beklee.
Soveel so dat mens destyds op Stellenbosch soms vermoed het dis blote spoggery wanneer iemand vertel hulle kar se wiele is afgeblaas of dat hulle ’n klip deur die vensterruit moes trotseer. Of erger as spoggery: versinsel, om ook in tel te wees. Dit was nie te moeilik om die grootpraters te onderskei van toegewyde aktiviste wat van vaster stoffasie gemaak was nie.
Ek probeer ook allermins die verskrikking afmaak wat die veiligheidspolisie destyds gesaai het om ons, die bevolking, in ons spoor te hou. Vaderweet, hierdie koerant se kantore is met ’n bom opgeblaas. Mense is gemartel, uit helikopters gegooi, lewens is verwoes, vriendskappe verraai. Die lys vergrype is lank en lelik...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
SPOOKS SPOOK STEEDS
Die dolk in die mou van die staat
FREDERIK DE JAGER skryf oor sy ervaring van veiligheidspolisiemanne met hul spieëlkamers, rookskerms, leuens en geheime.
Deel
IN my universiteitsdae, toe die apartheidstaat sy laaste, hewigste dekade binnegaan, was dit behoorlik ’n statussimbool om die veiligheidspolisie op jou spoor te hê. Dit kan vandag weer so wees. Elke owerheid hou van vyande, want hulle voorsien selfregverdiging. En studente is lief vir intrige, slagofferskap en die aura van heldedom waarmee dit jou beklee.
Soveel so dat mens destyds op Stellenbosch soms vermoed het dis blote spoggery wanneer iemand vertel hulle kar se wiele is afgeblaas of dat hulle ’n klip deur die vensterruit moes trotseer. Of erger as spoggery: versinsel, om ook in tel te wees. Dit was nie te moeilik om die grootpraters te onderskei van toegewyde aktiviste wat van vaster stoffasie gemaak was nie.
Ek probeer ook allermins die verskrikking afmaak wat die veiligheidspolisie destyds gesaai het om ons, die bevolking, in ons spoor te hou. Vaderweet, hierdie koerant se kantore is met ’n bom opgeblaas. Mense is gemartel, uit helikopters gegooi, lewens is verwoes, vriendskappe verraai. Die lys vergrype is lank en lelik...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die laaste speelfilm van die heelal
Dimitra se movie
Aan tafel sonder Nettie Pikeur
Die Here is ’n wonderlike mens, meneer
Die dag toe Blydskap haar klere moes uittrek
Deel
-
Deel
Frederik de Jager
RubriekskrywerFrederik de Jager is oud-uitgewer, skrywer en aanbieder van skryfwerkwinkels