Boeke | Lisa Jewell en die kortstondige skittering van noirs

FAMILIE-OORBLYFSELS

Boeke | Lisa Jewell en die kortstondige skittering van noirs

DEBORAH STEINMAIR lees oor mense wat misplaas verlief raak, oordeelsfoute begaan, lieg en misdade pleeg.

EK blameer my liefde vir huishoudelike noir op Iris Murdoch. Toe ek baie jonk was, het ek haar boeke verslind en binnekort gaan ek weer, want ’n mens vergeet soveel. Op 60 is jy in elk geval ’n heeltemal ander leser as die kind wat die boek vir die eerste keer gelees het. Murdoch se boeke was altyd oor gesinne, raar en eksentriek op ’n doodgewone manier, hulle dramas en dinamika. Mense raak dwaaslik en misplaas verlief, begaan oordeelsfoute, lieg en pleeg misdade. Dis eindeloos onderhoudend en dikwels droogweg snaaks. Boeke soos The Bell, A Severed Head, The Red and the Green, The Nice and the Good, The Black Prince, Henry and Cato, The Sea, the Sea, The Philosopher’s Pupil, The Good Apprentice, The Book and the Brotherhood, The Message to the Planet, The Green Night en Jackson’s Dilemma.  

Ontvlugting in die oomblik

My noir vir die week was The Family Remains deur Lisa Jewell. Dis ’n opvolg van The Family Upstairs en dis nogal ’n waagstuk om twee sulke soortgelyke titels en omslae (donkerblou huis, heldergeel verligte vensters) op die mark los te laat. Toe ek die boek optel, het ek dadelik gedink ek het dit al gelees. Natuurlik onthou ek nie soveel van die eerste boek nie – huishoudelike rillers (behalwe miskien Murdoch s’n) is in by die een oor en uit by die ander. Heerlike ontvlugting in die oomblik...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.