EK lees niefiksie wanneer dit oor mense gaan, byvoorbeeld biografieë en outobiografieë. Ek lees selfs sakeboeke, wanneer dit fokus op die mense agter die sake. So ’n boek is Carié Maas (bekroonde romansier) se Never Waste a Good Crisis. Met haar oog vir verbande en narratief skets sy beknopte bio’s van 20 van ons land se sakeleiers. Sy het met uitvoerende hoofde en voorsitters onderhoude gevoer en skets in ’n neutedop waar hulle vandaan kom, hoe hulle gekom het waar hulle is en wat hul leuse, misie, visie en suksesresep is. Dis uiters leesbaar.
Michael Jordaan, uitvoerende hoof van Montegray Capital en voorheen van FNB, word dikwels gekrediteer met die titel van die boek; ’n algemene slagspreuk in die sakewêreld. Hy ontken dat hy dit uitgedink het. Hy vertel een van sy groot dryfvere is die feit dat hy van kleins af daarvan hou om te wen. Hy glo dat jy mense moet aanstel wat slimmer as jy is. Dan moet jy nie vir hulle direkte instruksie gee nie. “It is much better when everyone in the team knows the game plan and is free to play.” Hy glo in ’n informele omgewing waar mense kreatiwiteit aan die dag kan lê. Iets waaraan hy nog wil werk, is die balans tussen sy werk en gesinslewe. “Personal happiness is, after all, the ultimate success.”
Shameel Joosub, uitvoerende hoof van Vodacom, het op vyfjarige ouderdom begin werk. Hy het skyfies, suigstokkies, albasters, vlieërs en wat nog verkoop. Op 12 het hy sy oom se sout-en-asynverpakkingsfabriek in die skoolvakansies bestuur. Sy bestuurstyl is om vrae te vra. Hy glo jy moet passievol wees oor jou werk, of iets anders kry om te doen. Saans maak hy vir sy gesin Ricoffy met Cremora in...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
NIEFIKSIE
Boeke | Moenie ’n goeie krisis vermors nie
DEBORAH STEINMAIR lees Carié Maas se sakeboek vol insigte.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Boeke | Misdaad en moerkoffie in Gauteng
Boeke | Annie Ernaux: romansier en lewensbeskrywer
’n Brief uit die pen van outo-Madiba
Boeke | Vloei en verdwyn in ’n bestaan sonder geslag
Boeke | Die digtheid van digkuns
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.