Boeke | Misdaad en moerkoffie in Gauteng

NUWE ROMAN

Boeke | Misdaad en moerkoffie in Gauteng

DEBORAH STEINMAIR het Irma Venter se jongste boek, Die verkeerde vrou, verslind.

WAT ’n lekker titel; die soort wat my ’n boek sal laat optel. Ek sou dit in elk geval optel, want ek het al Irma Venter se boeke gelees. Sy skep ’n wêreld wat net ’n klein trappie blinker as die werklikheid is, meer elegant en vaartbelyn, soos Tolkien Middelaarde en Carina Stander Gabriëllië geskep het.

Venter se wêreld is ’n Gauteng met goeie koffie, waar die barristas jou naam ken, waar jy lank, slank en fiks is en snags op ’n kragtige motorfiets oor die N1 skeer. Dis nie ’n perfekte wêreld nie, maar daar is ’n glans aan. Ja, daar is misdaad, hope daarvan, en die protagonis is beenmoeg, hoog op kaffeïen en met die kloppende herinnering van ’n ou besering in haar selfs meer roekelose dae. Dis nou Ami Prinsloo, misdaadjoernalis en voormalige Olimpiese swemkampioen.

Daar is egter nie Covid-19 of beurtkrag nie. Die klein jakkalsies steek nie juis kop uit nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.