Boeke | Om te vloei en verdwyn in ’n bestaan sonder geslag

WAT LEES ONS?

Boeke | Om te vloei en verdwyn in ’n bestaan sonder geslag

DEBORAH STEINMAIR lees in Francois Loots se nuutste historiese roman, Die kapokdokter, oor 'n fassinerende protagonis: dokter James Barry, snydokter in die Britse weermag, in Cork gebore as Margaret Anne Bulkley.

DIS 1816 aan die Kaap de Goede Hoop. Ek onthou meteens dat ek as kind graag romans oor die ou Kaap gelees het, vol keistene, koetse, perde, hoëpolvye (vir mans) en bepoeierde pruike. Hierdie roman wil ek lees omdat die protagonis my fassineer: dokter James Barry, snydokter in die Britse weermag, in Cork gebore as Margaret Anne Bulkley.

Die idee het my nog altyd aangegryp: vroue wat hulleself laat geld in (destyds veel meer as nou) ’n manswêreld. Hulle is nogal verteenwoordig in die geskiedenis en letterkunde. Die skrywer George Sand (eintlik die adellike Amantine Lucile Aurore Dupin) het mansklere gedra en baie minnaars gehad. In Shakespeare se Twaalfde Nag is Viola ’n skipbreukeling wat op ’n eiland uitspoel en besluit om as man te leef. In Virginia Woolf se roman Orlando bly ’n digter deur die eeue jonk en verander ook van geslag. In stories lyk dit soms onwaarskynlik dat iemand met so iets sou wegkom, en tog is dit nie. James Barry se verbloeming van sy identiteit is aangehelp deur ’n uniform met groot skouers, goue knope en ’n lang swaard – die klere maak immers die man.

Vir ’n seun aangesien..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.