Die breë en die smalle weg

ESSAY

Die breë en die smalle weg

Wie weet wie bewandel die breë weg en wie die smalle? Johan was op die smalle weg, dít weet DOMINIQUE BOTHA. Sy seun ook, al was dit aan ’n ketting aan ’n bed vasgemaak.

PAM GOLDING het vir my skoonpa gesê: “Ek het geweet julle gaan hierdie huis koop. This house.” En ons het. Onderneming was die naam van die huis. In Observatory. Op die Sout-riviera. Ek onthou dit was in die lente, want die frangipani-bome was in blom en het my aan ons wittebrood in die Ooste herinner. Droomvangers het gerinkel in die bries. ’n Vrou het deur die strate gestap met ’n papegaai op haar skouer. Die lamppale was vol plakkate van Die Son. “Baba vrot in ma." “Vrou borsvoed hond." “Buk vir jou geluk." “Jou koek kan van jou ’n ster maak." In daardie dae het mense nog gelees.

Die vrou by wie ons die huis gekoop het, Sophia, was “opsluitbaar mal” soos professor J.C. Kannemeyer, die groot letterkundige, Ingrid Jonker opgesom het in ’n netjiese potloodinskrywing in een van haar bundels. Ek het amper Kannemeyer se hele boekversameling by sy seuns gekoop, maar het op die nippertjie daarteen besluit. Dit was ’n fout. Sophia, die erfgenaam van ’n fortuin, het ook duisende boeke besit wat sy gereeld weggegee het. Dit was nie ’n fout nie.

Daar word vertel dat sy dan en wan haar deure vir vriende en vreemdes oopgegooi het om hulself aan haar besittings te help. Ontwerpersbrille is soos toebroodjies op die etenstafel bedien. Tapyte is opgerol en weggedra. Televisies is versigtig deur haar dwelmsmous in bubble wrap verpak en in sy kattebak gelaai. Op ’n kol moes die moedelose gesin in die noorde weer ingryp en iemand is afgevaardig om haar weg te neem na ’n plek van beskerming. Daar is besluit dat Onderneming op die mark gesit moet word. ’n Prokureursbrief het weldra in die faksmasjien verskyn. Die bywoners moes skoert. Daar was glo groot ontevredenheid en verontwaardiging in die kommune...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.