Boeke | Die digtheid van digkuns

THE SWEET POWER OF POETRY

Boeke | Die digtheid van digkuns

Woorde is ons wisselkoers, skryf DEBORAH STEINMAIR. En wat poësie betref: Systap jou rede en luister met jou sinne.

MENSE vertel my dikwels hulle weet nie hoe om gedigte te lees of te interpreteer nie. Dis glo bokant hulle vuurmaakplek. Man, poësie is bokant ons almal se vuurmaakplek en dis wat dit so onweerstaanbaar maak.

Woorde is ons wisselkoers. Elke dag besig ons woorde en hulle is later holrug gery, bleek en voosgevat van oorbruik. Ons hunker na ’n taal van die siel, na woorde wat die fyn poort van die wonder deur is, wat so gekonsentreerd soos lemoenkwas is, so elektries gelaai dat hulle op die punt is om in vlamme op te gaan.

Digkuns is woorde wat dig is. As jy dit nie met die eerste aanblik verstaan nie, beteken dit nie jy’s dig nie. Wat jy moet doen, as jy my vra, is om jou onderbewuste oop te stel. Systap jou rede en luister met jou sinne. Maak jou kop leeg soos in die oomblik net voordat jy aan die slaap raak: hart oop soos ’n blomkelk, ontvanklik soos ’n kind, sonder vooropgestelde idees of verwagtinge. Digkunsanalise nie ’n eksakte wetenskap nie. As jy ’n verband snap in ’n vers, kan niemand vir jou sê jy’s verkeerd nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.