Between Rock and a Hard Place deur Carsten Rasch
CARSTEN RASCH se memoires is in 2019 deur Jacana uitgegee en nou weer deur Friction Books. Ek is lief vir outobiografieë, veral as die verteller se stem my aanstaan. Hierdie is net terloops outobiografies; dis die verslag van ’n era en ’n skare talentvolle kunstenaars wat meestal ingeloop en oor die hoof gesien is. Van anargie en verset teen ’n versmorende sisteem wat burgers gekoöpteer en gekompromitteer het; deel gemaak het van skreiende onreg: “You take drugs, drink yourself into oblivion, dance your feet off, jol so hard you can hardly stand it, because reality is harder.”
Kyk, ek was bewus van Rasch, uit die hoek van my oog. Hy was op my radar as legendaries, waarvoor was ek nie seker nie. Nou weet ek. Ons is Facebook-vriende en ek sien sy seun en my dogter is ook Facebook-vriende...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.