VANDAG het ek nie woorde nie. Vir drie en ’n half jaar het ek elke week hier geskryf en telkens het inspirasie op die aangewese tyd opgedaag. Dikwels in die nag of vroegoggend: ’n reep, ’n flarde, ’n rafel wat ek lostorring, optel en waarmee ek borduur.
Vandag het ek net los gedagtes, soos wolke wat voor die wind uitmekaargedryf word. Oggendmiskolle is ’n ding, soos verspreide donderbuie. Soos elders mooiweer en warm. Soos die weervoorspeller wat oor sy tong gestruikel en verklaar het daar is ’n vrouekont op pad.
Dis vreemde dae. Lukrake dinge vang my oog en oor. Terwyl ek lees, hoor ek oor die TV van die “Sunfield home for tuna”. En ek voel op die plek aangekla. Ek eet lankal nie meer vleis nie, oor die lyding van diere, maar ek eet nog vis. En tuna is my gunsteling. Ek het nie My Octopus Teacher gekyk nie, want ek voel ek kan nie bekostig om nog ’n voedselgroep te verloor nie. My vriendin Sonja, ’n skubaduiker, vertel my dat visse vriende maak met duikers, dat hulle spelerig is en hou van vryfies. Ek wil dit nie hoor nie. Toe kyk ek na die skerm en sien “Sunfield Home Fortuna.” So die visse het darem nog nie ’n drukgroep nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
CAPTAIN, MY CAPTAIN
Los gedagtes en oggendmiskolle
Sy is hartseer oor Afrikaans en voel die vaste grond onder haar voete wegkalwe, skryf DEBORAH STEINMAIR. Maar môre skyn die son (miskien) weer.
Deel
VANDAG het ek nie woorde nie. Vir drie en ’n half jaar het ek elke week hier geskryf en telkens het inspirasie op die aangewese tyd opgedaag. Dikwels in die nag of vroegoggend: ’n reep, ’n flarde, ’n rafel wat ek lostorring, optel en waarmee ek borduur.
Vandag het ek net los gedagtes, soos wolke wat voor die wind uitmekaargedryf word. Oggendmiskolle is ’n ding, soos verspreide donderbuie. Soos elders mooiweer en warm. Soos die weervoorspeller wat oor sy tong gestruikel en verklaar het daar is ’n vrouekont op pad.
Dis vreemde dae. Lukrake dinge vang my oog en oor. Terwyl ek lees, hoor ek oor die TV van die “Sunfield home for tuna”. En ek voel op die plek aangekla. Ek eet lankal nie meer vleis nie, oor die lyding van diere, maar ek eet nog vis. En tuna is my gunsteling. Ek het nie My Octopus Teacher gekyk nie, want ek voel ek kan nie bekostig om nog ’n voedselgroep te verloor nie. My vriendin Sonja, ’n skubaduiker, vertel my dat visse vriende maak met duikers, dat hulle spelerig is en hou van vryfies. Ek wil dit nie hoor nie. Toe kyk ek na die skerm en sien “Sunfield Home Fortuna.” So die visse het darem nog nie ’n drukgroep nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Padkaarte van ons skouspelagtige lywe
Olé, olé olé: rent-a-husband en BÓK-KE!
Fees van die ongenaaides
‘Hoerkind’ en die oerwond
Tyd en sotlikheid
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.