Olé, olé olé: rent-a-husband en BÓK-KE!

DIE SLAG VAN MBOMBELA

Olé, olé olé: rent-a-husband en BÓK-KE!

DEBORAH STEINMAIR skryf oor die betowerende ervaring van toe sy saam met vriende gaan kyk het hoe die Springbokke die All Blacks in Mbombela klop: Dit was net ’n oomblik, soos Banyana se oorwinning – dit vat nie armoede weg nie, maar dit doen meer vir die land as korrupsie en leë beloftes.

MAX meen goedvoel-oomblikke langs die sportveld kan ons verkeerdelik laat glo daar heers nasionale eenheid. Ja, dis waar, maar wat het ons anders as oomblikke? Ons is so vuisvoos. Ek weet lankal dis vals; ’n verdagte, besoedelde herinnering – die warm gevoel om my hart wanneer “Uit die blou van onse hemel” opklink – dis goedkoop nostalgie na kinderjare met oogklappe in Kammaland geleef, toe ek geglo het Afrikaners is goeie mense. Nou weet ek: The blues is just a good man having a bad time. Boeremusiek is just a bad man having a good time.

Saterdag het ek van die eerste noot van Nkosi Sikelel’ iAfrika af betraand en behoendervleis uit volle bors saamgesing. Toe die drie impi’s op die veld storm – blink, sterk en gevaarlik, wyl klappers ontplof en vlamme opskiet – was my oergrootjie Piet Retief vergete. Daarna was die haka pateties onintimiderend, so op ’n afstand waar ’n mens nie die bose tonge en uitpeuloë kan uitmaak nie.

Voor die slag van Mbombela was ons vir ’n paar dae in die Wildtuin. Ná ’n dolle gejaag en dreigende deadlines vou die rus van die Laeveld soos ’n sagte karos om jou. Om teen 40 kilometer per uur deur ’n dor landskap te ry, is terapeuties. Ek zonk sodanig uit dat ek nooit eerste ’n dier gewaar nie. Eintlik versteur almal se entoesiasme oor ’n olifant 20 treë weg my gedagtegang. Buitendien sukkel ek om die olifant raak te sien. Wanneer ek werk, fokus ek geweldig. Skakel ek af, kan ek om die dood nie fokus nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.