Jesaja, Job, Skoppensboer en Pippa

DANKIE VIR AL DIE URE

Jesaja, Job, Skoppensboer en Pippa

’n Mens wil nie soetsappig raak oor die mense wat op jou groei soos mos, jou menskombersie nie, maar mettertyd raak jy geheg aan die teenswoordige wêreld (al wat jy ken) en die mense wat jou minder vreemd laat voel. Verlies beteken jy het iets verloor, skryf DEBORAH STEINMAIR.

VOLGENS navorsing wat in die joernaal Science Advances gepubliseer is, begin vroue se begeerlikheid vir die teenoorgestelde geslag afneem wanneer hulle 18 word, skryf Anneliese Burgess. Ons is vroeg oor die muur en dis ’n lang pad bergaf. Die afdraand van die dag is kil.

Dus ag ek my gelukkig dat ek per abuis die sisteem gefnuik het. Ek het nooit gehunker om deur mans begeer te word nie, behalwe in teorie, omdat dit my in die oë van die wêreld aansien gegee het. Ek het in my jeug min of meer doelbewus te veel geëet om hul radar te ontduik, terwyl ek my ma se knaende navrae oor kêrels flink systap met ’n fris bobeen, innemend knik met ’n dubbelken.

Op 60 is dit vir my loflik dat mans my op grond van ander deugde as my uiterlike takseer. Sien, vir my dit het mooi uitgewerk, maar my hart gaan uit na straight vroue wat steeds moet meeding om die aandag van mansoë wat wegdwaal na jong bokkies om te byt, soos Piet Botha gesê het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.