ONS beleef dol dae in ’n vreemde era. Ons trap water:
Inkontinent droom ons nie meer van vader-
of vastelande nie – niks is meer so vas
soos grond eens was nie. Suipers, flierefluiters
lanterfant ons, dobbel ons ontfut, ontlas
van kaart, transport en ’n landskap met einders.
Ontkim dobber ons, sekerder van die onwis
as die ontwykende wis, boude oorboord poog
ons nie eens meer om drolle uit drinkwater te vis.
– Johan Myburg, Narreskip
Duduzane Zuma verklaar met trots dat sy pa die beste president van hierdie land was. Dikgeplunderde rampokker, vetgesuipte bosluis! Ons steier onder die petrolprys en behalwe vir Vlad die Deurboorder Putin het ons nou ’n nuwe nasionale vyand, die man wat almal stikkend in hul graankos haat. Gaan Jaco Swart die hele land opdonner voordat hulle hom in die tronk sit? Daar is skynbaar geen einde aan sy woede en aggressie nie, soos Repelsteeltjie. Aan sekuriteitskameras steur hy hom min, want dit sou impulsbeheer behels. Oral staan skares vroue met blouoë en gekraakte ribbes regop, bewerige vuiste in die lug. Ek wil ook, soos LitNet, iets steel en dit “elders gesien” noem. Ghoeroe Jan Barend Wolmarans skryf op Facebook:..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Liewe leser, sluk jy soms swaar aan ’n titel?